new-top-banner-english

Week 20: Hemelvaart

Aflaai:

Hemelvaart.pdf

Uittreksel van Pastoor Neser se preekB101a  Eng/Afr.

 

Skriflesing uit Hand.1:1-14

 

Kernvers: 9- ‘En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem’.

Wat ‘n wonderlike ervaring moes dit gewees het en juis ook nadat ‘n opgestane Here Jesus vir 40 dae met Sy dissipels gepraat het oor die dinge van die Koninkryk van God. Hy het ook aan hulle by herhaling vertel van die belofte van die Vader nl. die koms van die Trooster- die Heilige Gees. Hy sou hulle toerus met krag uit die hoogte om Sy getuies te gaan wees.

Jesus het Homself verskeie kere en deur verskillende kentekens aan Sy dissipels getoon- sodat daar geen twyfel kon wees dat Hy opgestaan het.

En so het hierdie wonderlike gebeurtenis dan ook aangebreek en Jesus het ‘n paar van Sy dissipels uitgesoek wie saam met Hom na die berg sou gaan. ‘n Mens kan jouself probeer voorstel hoe dit moes gebeur het…hier staan hulle saam met Jesus op die berg van verheerliking en ewe skielik kom hulle agter dat Sy voete nie meer op die grond is nie. So staan hulle en kyk met verbystering en sekerlik ook heimweë hoedat Jesus van hulle af weggaan totdat hulle Hom nie meer kon sien nie! ‘n Wolk het gekom en Hy is daarin opgeneem na die regterhand van die Vader. 

Terwyl hulle nog so staan en staar na die hemel, verskyn daar twee manne in wit klere aan hulle en sê: ‘Galilèse manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.’

Hoe wonderlik om te weet dat Jesus die mens (in Sy verheerlikte liggaam) vir ons intree by die Vader, vir ons pleit! Jesus het Sy dissipels getroos met die woorde in Joh.16:7 nl dat dit voordelig was dat Hy moes weggaan, sodat die trooster na ons toe kon kom – die Heilige Gees!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151729
This_MonthThis_Month1346
All daysAll days151729