new-top-banner-english

Week 17: Die Opstanding

Laai af:

Die opstanding. pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B93

Skriflesing 1 Kor.15:1-28

 

Kernvers 20: ‘Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.’

Die wonder van die Opstanding is dat dit die grootste van die Christelike lewe is. Dit is die hart en die siel van die evangelie naamlik dat Jesus vir ons gesterf het en die derde dag opgestaan het en dat Hy lewe! En daarom kan ons ook lewe – nie net nou nie maar ook in ewigheid…

Die kruis is wonderlik en mag die Here ons nog dieper lei in die volle betekenis daarvan, maar mag die Here ook gee dat ons nie daar sal stilstaan nie. Want Jesus het opgestaan!

As Jesus nie opgestaan het nie, sou die kruis vir ons niks beteken het nie. Ons moet egter ʼn volle openbaring kry van Jesus – waarom het Hy gesterf, en waarom het Hy gekom? Hy gaan weer kom, maar hierdie keer kom Hy as Koning en om sy vyande te vernietig!

Daarom moet ons vorentoe gaan en vir Jesus in sy volheid sien en aanbid…Sy wederkoms is baie naby. Ons is oppad na daardie dag en hoe nader dit kom, hoe groter word die openbaring van Sy Opstanding.

Daar wag ook ʼn magtige ontwaking van God se volk volgens die profete en ons moet ons harte oopmaak vir die volle waarheid van God se Woord om daarin te skyn. God het nie verdelging en vernietiging van Sy volk voorspel nie, maar van ontwaking en bekering en herstel!

Sy Woord sê dat al die beloftes van God is ja en amen in Christus Jesus. In 11Tim. 2:8 sê Paulus: ‘Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie’.

 

Hallelujah! Jesus leef want Hy het opgestaan!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151729
This_MonthThis_Month1346
All daysAll days151729