new-top-banner-english

Week 27: Vrede

Laai Af:

Vrede.pdf

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B 120 Eng/Afr

Skriflesing uit Eseg. 13:1-23

Kernvers 10: ‘Omdat, ja, omdat hulle My volk verlei het deur te sê:  Vrede!   Terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk ʼn muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk.’

Wat is ware vrede?  Daar word oral gepraat van vrede – daar is vredes-konferensies, vredes-byeenkomstes en diplomate wat die aarde deurkruis om vrede te bewerkstellig.  Maar die woord ‘vrede’ beteken verskillende dinge vir verskillende mense en ideologieë.

Volgens die kommunisme beteken vrede wanneer hulle die wêreld verower het en die mense geen weerstand meer kan bied nie, dan sal daar ‘vrede’ wees.

Die Bybel sê in die laaste dae sal daar ʼn geroep wees van vrede soos in vers 10 maar dit is nie God se vrede nie.  As ons die Christendom waarlik aan die wêreld wil tuisbring dan moet ons die geloofwaardigheid van die evangelie bo alle twyfel bevestig en dit vasstel.

Die verkondiging van God se Woord in ʼn tyd soos hierdie moet geloofwaardig wees in alle opsigte.  As ons kyk na die eerste kerk, dan sien ons dat hulle meestal eenvoudige mense was maar hulle het daarin geslaag om die geloofwaardigheid van die evangelie instand te hou, sodat ons tot vandag toe nog daarin kan glo en aan die Bybel.

As ons die ware vrede van God nie kan oordra aan die wêreld daarbuite nie, sal die evangelie nie meer lewensvatbaar wees nie.  Dit is die uitdaging wat ons vandag het – sekerlik is die evangelie van Christus ʼn boodskap van vrede met God.  Om in ʼn tyd soos hierdie ware vrede te hê te midde van dreigende omstandighede moet ons die ware vrede van God verstaan en dan sal ons kan oorleef in hierdie dae, al sal ons dalk sterwe!

 

Christus is ons vrede, want deur Hom is ons versoen met God deur die kruis.  Jesus het in Joh. 14:27 gesê: ‘Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie.  Laat julle harte nie ontsteld word en bang wees nie’.

Daily Quotes

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147319
This_MonthThis_Month2075
All daysAll days147319