new-top-banner-english

Week 25: Die Wedergeboorte

Laai Af:

Die Wedergeboorte.pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B122a  Eng/Afr.

Skriflesing uit Johannes 3:1-21

Kernvers : 3- ‘..Voorwaar,voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weergebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie’.

Dus is dit absoluut noodsaaklik om weergebore te word, anders kan ‘n mens die koninkryk nie binnegaan nie, en dit ook nie verstaan nie.

Die korrekte vertaling van die woord beteken eintlik om van Bo gebore te word. Ons het in hierdie wêreld ingekom deur geboorte en so is ook die koninkryk van God – jy moet daarin gebore word (weergebore  word) om te kan ingaan.

Toe ons gebore was, het ons die lewe ontvang en so ook met die wedergeboorte: dis die ontvangs van ‘n nuwe lewe.  Die natuurlike lewe is en bly ‘n wonderlike misterie, maar soveel te meer die wedergeboorte.  God maak van jou ‘n nuwe mens soos in 11 Kor.5:17 – dit sê dat die ou dinge het verbygegaan en alles het nuut geword.

As ons hierdie saak verstaan gaan daar baie dinge vir ons oop en besef ons dat daar nou ‘n innerlike stryd in jou binneste ontstaan tussen die ou sondige vlees en die nuwe goddelike natuur. Voor jou wedergeboorte het jy maar net saam met die stroom gegaan. Jou verstand en siel en liggaam het nie verander nie, en nou is daar ‘n stryd teen die vlees. Dit is iets wat so min mense verstaan en dan kan die vyand jou maklik oorrompel en laat struikel en jou dan boonop teister met skuldgevoelens.

 

Soos wat ‘n baba met melk gevoed moet word en naderhand vastespyse, so moet ‘n geestelike ‘baba’ ook met die melk van die Woord gevoed word totdat hy meer vaste geestelike leering kan inneem. Ons moet opgroei tot geestelike volwassenheid en strewe daarna om meer en meer soos Jesus te word en in ons verhouding met God groei.

Daily Quotes

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151714
This_MonthThis_Month1331
All daysAll days151714