new-top-banner-english

Week 13

Laai boodskap hier af:

Die Rower aan die kruis.pdf

 

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B37

Skriflesing uit: Lukas 23:33-43

 

Kernvers 42: ‘En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom’.

 

Dit was ʼn verskriklike dag – sodat selfs die son duister geword het. Die Skepper van die heelal was daar aan die kruis vasgenael… om ons te red!

 

Hy het dit gewilliglik gedoen en wat ʼn magtige daad het nie daardie dag plaasgevind nie –  Hy was alleen. Net die twee rowers aan weerskante van Hom was daar, maar hulle het met Hom gespot.

 

Wat het van al daardie blindes wie se oë  Jesus gesond gemaak het, geword? En die dowes en stommes en kreupeles wat Hy genees het? En wat van die dooies wat Hy opgewek het? En die met duiwels besete wat Hy verlos het- waar was hulle op daardie vreeslike dag?

 

Selfs sy vriende en dissipels het Hom verlaat en eenkant gestaan. Daar was niemand om Hom te help nie, niemand om Hom te bemoedig nie, of om aan Hom enige erkenning te gee nie. Hoe verskriklik alleen moes Hy gevoel het – selfs die Vader het Sy aangesig weggedraai van Jesus af!

 

Sy eie dissipels was op daardie oomblik teleurgesteld in Hom want hulle het gehoop dat daar nog ʼn wonderwerk sou plaasvind en daar het nie – hulle verwagting was verlore. En daar hang Jesus alleen met net die rowers wat spot. . .Toe gebeur daar ʼn wonderwerk temidde van die troostelose omstandighede: die een rower kry ʼn openbaring van Wie Jesus is en sê: Here, dink aan my….

 

Dink daaraan – hy was die eerste persoon om Jesus te erken  as sy Here! En Jesus sê vir hom: ‘Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees’.

 

 

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

December 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031

Vinaora Visitors Counter

153483
This_MonthThis_Month975
All daysAll days153483