new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Wat ek vrees kom oor my

Uittreksel van Pastoor F.W.C Neser se preek: B54

Skriflesing: Job 1:1- 22

Teksvers: Job 3:25-

“As ek iets vrees kom dit oor my, en waar ek voor bang is kom na my toe…”

 

Dank die Here vir Sy kosbare Woord, dat dit waarlik ‘n lig op ons pad is en ‘n lamp vir ons voet. Sodat die Christen kan weet wat in die onsienlike gebeur – daardie Raadsbesluite wat in die hemel plaasvind, sowel as die stryd in die onsienlike rondom ons en hoe dit ons affekteer.

Ek wil U so ‘n klein kykie gee in ‘n deel  daarvan….mag die Here u help om te hoor wat Sy Woord vir u sê en wat die Heilige Gees u oor waarsku.

Ons sien hier ‘n baie aangrypende toneel – die gordyn word vir ons vir ‘n wyle weggetrek. Ons sien die troon van God en hoedat die seuns (die engele) van God voor Hom kom staan, sekerlik om Sy instruksies te ontvang. Maar op hierdie dag het Satan ook daar verskyn en God het hom gevra wat hy daar kom maak het? Hy het nie plek in die hemel nie , en tog het hy dit reggekry – hoe?  Daar was net een manier waarop hy daar kon kom staan en dit was as hy ‘n aanklag gehad het 

Hy kom by jou met sy versoekings en gedagtes en voorstelle om jou te laat oortree en die moment wat jy in sy strik trap, het hy ‘n wetlike rede om jou aan te klae.

Job was ‘n godvresende man in ‘n heidense wêreld en hy was baie voorspoedig…

Satan het hom egter versoek om te begin vrees, en hy het bang geword en gesê: dit wat ek vrees, kom oor my en daar het hy vir Job gekry om te sondig. Satan het hom by God gaan aanklae en ons ken die verhaal…..

Ons weet ook dat ons ‘n advokaat het in Jesus en Hy tree gedurig vir ons in by die Vader. Die moment wat ons sondig en ons besef dit en bely dit pleit Hy ons saak voor God. Wat ‘n voorreg het ons om Jesus as ons Advokaat te ken…. 

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147237
This_MonthThis_Month1993
All daysAll days147237