new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Liefde

Uittreksel van Pastoor F.W.C Neser se boek vrug van die Heilige Gees en ook vanaf sy leringe L009a en L009b

Skriflesing : Galasiërs 5:16 - 22

Kernvers: v22

Die grootste van die vrug van die Heilige Gees is die ‘liefde’ – daarin is al die ander vrugte ingesluit. Die liefde is bo-natuurlik en kan alleenlik in ‘n weergebore persoon tot verwesenliking kom d.m.v. die Heilige Gees.

Om hierdie vrug in jou lewe te bekom, kos self-dissipline in jou hele lewe. Dis iets waaraan jy moet werk, maar met behulp van die Heilige Gees.

1 Korinthiërs 13 is seker die naaste definisie waar hierdie goddelike liefde in beskryf word. Tog is die liefde ondefinieerbaar want God is liefde en Hy is onpeilbaar. Hier sien ons die omvattendheid van die liefde en as ons God liefhet, sal ons daarna strewe 

Dis egter onmoontlik om die liefde ten volle te beskryf, maar dit kan wel ervaar word. Net soos wat daar in die natuur ‘n wet is dat ‘n boom sal groei mits dit water en sonlig kry, ‘n vrugteboom wat bemesting en versorging plus water en sonlig nodig het om gesonde vrugte voort te bring, so ook met die geestelike vrugte is daar  ‘n wet wat dit laat groei. Lees Rom.8:1-17….hier is die geestelike wet wat in die weergebore kind van God in werking kom. 

Die wet van die dood is egter ook nog in jou aanwesig, daarom moet jy die keuse maak: watter een van hierdie  wette gaan ek gehoorsaam?  Deurdat jy die prinsiep van die Gees van die lewe van Christus in jou beoefen d.m.v gebed en toewyding en ‘n doelgerigte lewe wat jy lei. Net soos ‘n vrugteboom wat water, sonlig en bemesting nodig het. 

Hierdie goddelike liefde is egter ver verhewe bokant natuurlike liefde – dit is natuurlik om jou man/vrou lief te hê, jou kinders of vriende van wie jy baie hou. Maar dan is daar mense wat byna onmootlik is om lief te hê en dan kom hierdie goddelike liefde juis in werking. Dit moet beoefen word en kos gebed en genade van die Here!

Jesus was die volmaakte voorbeeld vir ons….

Hierdie liefde is nie opsioneel nie, dis ‘n bevel (Mat.5:44-47) Jesus sê hier dat ons ons vyande ook moet liefhê. Hoe op die aarde is dit dan moontlik? Alleen deur die krag van die Heilige Gees. In 1 Thes.5:24 belowe die Here dat Hy dit sal doen – Hy is getrou.

Daarom moet ons die besluit neem en sê: Here, ek gaan U gehoorsaam en dan sal Hy vir ons die krag gee…. 

Daily Quotes

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151668
This_MonthThis_Month1285
All daysAll days151668