new-top-banner-english

Hdwplayer

 

HDW Player Gallery

Die Groot Keuse

Preek B202b

Heb.11:23-29

        Vers 25:  Moses het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ʼn tyd lank die genot van die sonde te geniet.

Heb.12:2 – Hier sien ons dat Jesus ook gekies het….vir die vreugde wat vir Hom voorgehou is, die kruis verdra het, en die skande verag het.

 

So staan ons ook gedurig voor ‘n keuse, elke dag kies ons. Daar kom uitdagings, versoekings, soms in ʼn splitsekonde, wat ons moet kies, wat God met ons praat, en waar die Satan ook met ons praat, al is ons gered kies ons soms verkeerd. Maar op daardie oomblik as ek voor God staan en ek sê: Here! ek erken ek het verkeerd gekies!

 

Jy besef dat jy ʼn paar trappe afgedaal het in jou geestelike lewe. En dis ook nie altyd maklik om daardie trappe weer op te klim nie, want dis makliker om afdraende te gaan as om op te klim. Hoe verder jy afgly, hoe meer word jou visie ingeperk en hoe hoer jy klim, jy word moeg, jou spiere is tam, maar met elke trap kan jy beter sien.

 

Sal ons dan nie onsself eerder skaar aan die kant van Moses en aan die kant van ons Here Jesus!? Jongmense! Julle wat op die drumpel van jul lewens staan, daar is groot keuses wat julle moet maak.

 

Ons wat ouer is, sal erken dat ʼn groot deel van ons lewens soos dit nou is, was bepaal deur die keuses wat ons gemaak het toe ons nog jonk was. Ons loopbaan, die lewensmaat wat ons gekies het, het ons gekies toe ons nog jonk was en om dit nou te prober verander kan soms groot ontwrigting veroorsaak… daarom is dit genade van God om reg te kies….

Daily Quotes

MiniCalendar

September 2016
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930

Vinaora Visitors Counter

147319
This_MonthThis_Month2075
All daysAll days147319