new-top-banner-english

ApartheidA

Ons lees in die Bybel hierdie uiters belangrike teks:

            “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis- - - - - ” - (Hos. 4:6).

 

Ons lewe in ‘n tyd van verwarring soos seker nog nooit tevore nie.  Magtige strominge sleur ons mee, die een in die rigting, die ander weer in die ander.  Die skrywer is diep in sy hart oortuig dat dit nie so behoort te wees nie, maar dat daar vir ons ‘n stem opklink wat sê:

            “- - - - Dit is die weg, wandel daarop! - - - - - - ” - (Jes. 30:21).

 

Ons glo dat die Bybel letterlik die Woord van God is, betroubaar en eg vanaf Génesis tot Openbaring.  Dit is vir ons die finale hof waarop ons, ons beroep.  Die Bybel is die openbaring van die Wil en Plan van God.  God het nie net sy wil vir ons bekendgemaak wat die hiernamaals betref nie, maar stel ook uiters belang in ons alledaagse lewe, hoe ons eet, aantrek ensovoorts.

Daar sal dus vir ons baie duidelik leiding wees in die Heilige Skrif aangaande die uiters belangrike vraag van “kleur” dwarsoor die wêreld en veral in ons eie land. God het alles geskape en per slot van sake heers en regeer Hy oor alles.  Die Bybel sê:

“So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete - - - - -” - (Jes. 66:1).

Ons moet daardie leiding ken en dienooreenkomstig ons standpunt inneem.

 

Die Here het met alles ‘n doel, so ook met die verskil in kleur.  Dwarsdeur die Bybel word dit baie gou duidelik dat daar een Sentrale Persoon in die Plan van God te voorskyn tree en Hy is Jesus Christus, en dat daar een Sentrale Tema is en dit is die Herstel en Wederoprigting van alle dinge - (Sien Hand. 3:21).

 

Tussen Génesis en Openbaring lees ons die verhaal van hoedat die Paradys verloor is en hoedat dit herwin gaan word, ‘n Groot deel van hierdie Plan is alreeds vervul, ‘n ander deel is nou besig om vervul te word.  Ons bevind onsself op hierdie oomblik in die mees spannende en uitdagende tydstip van alle tye.

...Klik op hierdie skakel om verder te lees: Segregasie

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

November 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930

Vinaora Visitors Counter

151729
This_MonthThis_Month1346
All daysAll days151729